So kom ons aan die einde van n stormagtige 2020. ‘n Jaar wat ons nie sommer sal vergeet nie. Hiermee n terugblik oor die jaar en die uitdagings en oorwinnings wat hy vir ons ingehou het.
• Die Waterberg Sakekamer slaag daarin om te verhoed dat die munisipaliteit buitesporige hoë krag verhogings implimenteer.
• Loadshedding is weereens afgeweer van Eskom
• Die Waterberg Sakekamer en sy lede het hande gevat om kospakkies gedurende die inperking in te samel en uit te deel aan die wat dit nodig gehad het.
• Die sakegemeenskap was en word steeds ingelig gehou oor die stand van sake.
• Ons voorneme vir 2021 is om ons die toerisme en aftree-oorde in ons dorp te bevorder.
• Ons is tans besig om n platvorm vir n privaat hospitaal daar te stel om sodoende ons eie mense die voordeel te gee en ook ons dorp se ekonomie n hupstoot te gee.
• Die sakekamer is die afgelope tyd in konsultasie met die hoofbestuur van die munisipaliteit om ons dorp weer op standaard te bring, sekere eise en sperdatums is daar gestel. Die vergaderings sal in 2021 voortduur om vordering te reguleer.
• Die Waterberg Sakekamer was die eerste sakekamer om te affilieer met Sakeliga. Sou die munisipaliteit nie die versoeke / eise uitvoer nie sal ons geen ander keuse hê om ons tot die hof te wend nie.
Die ekonomiese gevolge van COVID 19 se aanvanklike uitbraak was gedurende 2020 struktureel verwoestend wat sosio ekonomies welstand vir alle Suid Afrikaners betref. Die volgende vlaag van COVID 19 besmettings in SA is nou amptelik in volle swang.
Die ekonomie kan nie weer ‘n harde inperking deurstaan nie en ons kan net staatmaak op koelkoppe in die regering en samewerking van sake-en gemeenskapsleiers om ‘n balans te handhaaf tussen die ekonomiese oorlewing en die fisiese welstand van mense. Daar was sover wel absurde regulaies soos die rook en alkohol verbod wat meer skade as goed gedoen het, onnodige mishandeling deur wetstoepassers en nou weer die sluiting van sekere strande, maar oorhoofs het die regering tot dusver daarin geslaag om die besmettingskoers se kurwe laag te hou. Met die nuwe mutasie in die rondte is daar nuwe uitdagings vir ons wetenskaplikes maar volgens alle aanduidings maak dit nie die nuwe entstowwe ongedaan nie. Daar kan egter nie sprake wees van oorgawe of apatie nie, ons sal weer ‘n haas uit die hoed moet trek soos by vorige krisisse wat aangeteken staan in die geskiedenis van die wȇreld.
Ons staan nie alleen nie, saam sal ons oorwin, kom ons maak nuwe planne en skep nuwe geleenthede wat tot voordeel van almal in ons gemeenskap sal strek! Ondersteun assseblief die volgehoue reiniging van hande, handhawing van veilige afstande van mense af en dra maskers in die openbaar. Die Waterberg Sakekamer wens almal ‘n gesonde en voorspoedige 2021 ekonomiese jaar toe.
Groetnis, Voorsitter, Wiets Botes