Op die foto van Links na Regs:  Jacques Breytenbach en Hoffman Prinsloo

Op die foto van Links na Regs:  Jacques Breytenbach en Hoffman Prinsloo wat die lede kom toespreek het oor:

  • Die toekoms van mynwese in SA en moontlikhede in die Waterberge,
  • Die kernaspekte wat Myn Maatskappye oorweeg om n myn of myne in n sekere area te vestig,
  • Sake-geleenthede vir die privaatsektor uit die sekondere gevolge van mynbedrywighede.
  • Die mynbou Sektor en die uitdagings daarvan in die Waterberge

Terugvoer oor gisteraand se vergadering vanaf lede en nie lede wat die vergadering bygewoon het:

Nr 1:

Hiermee my waardeering vir n’ baie goeie, goed georganiseerde en insiggewende sakekamer vergadering gisteraand. Julle is besig om n’ baie dinamiese sakekamer te word.  Vir iemand soos ek wat gewoonlik maar negatief was oor die tipe organisasies was gisteraand n’ “eye opener”.  Baie dankie, Groete van n’ nie lid.

Nr 2:

Hiermee wil ons net baie dankie sê vir gisteraand se vergadering wat na my beskeie mening ‘n groot sukses was, baie dankie vir al die moeite wat daarin gesit is. Ons was baie verras en beindruk met die opkoms van die lede in total, asook die inligting wat verkry is en goeie sprekers. Bou so voort…Groete.