Waterberg Sakekamer slide5

Donderdag 13 November is dit die Waterberg Sakekamer se jaareind vergadering te Koro Creek om 18h00 vir 18h30.

Waterberg Sakekamer nooi u almal hartlik uit om hierdie vergadering by te woon.

Waterberg Sakekamer is as Medium - Sakekamer van die jaar aangewys uit 100 Sakekamers reg oor die land by die AHI
se Nasionale Kongres in Durban en wil die Sakekamer graag tydens hierdie vergadering 'n volledige voorlegging
van die Sakekamer se werksaamhede van die afgelope jaar, waarvolgens die Sakekamer vir die toekenning beoordeel
is, aan lede, die Publiek en belangstellendes vertoon. 

Daar sal 'n A La Carte ete en n kontant kroeg beskikbaar wees.

Hierdie is nie 'n formele vergadering nie en is u meer as welkom om die aand saam met ons te kom geniet.

Kontak gerus die kantoor vir enige verdere vrae en inligting:

014 717 4660 / info@waterbergsake.co.za