Waterberg Sakekamer Jaareind kuier Donderdag 12 November 18:00 Nylstene – Waterberg Convention Centre

Waterberg Sakekamer slide7

Die Sakekamer bestuur wil graag alle lede vriendelik uitnooi om
heerlik saam te kom kuier op nou komende Donderdag 12 November vanaf
18h00 te Nylstene (Convention Centre). 

Die Juba broers sal sorg vir lekker kampvuur musiek en vermaak, terwyl
daar heerlik saam gekuier word om die braaivleis vure, met Lexus
Polokwane as borg vir die aand.

Lede sal gratis n Braaivleis-pakkie, Pap, Sous en Slaai ontvang en sal
daar n kontant kroeg wees om die dors te les. 

Hierdie geleentheid is die oplossing vir al die pap wiele en batterye
om hulle weer aan die gang te kry. So kom en geniet n heerlike kuier
aand saam met ons, om op so manier ook gesellig saam die jaar af te
sluit as Sakevriende!!

Aangesien daar net n sekere aantal plek beskikbaar is, is dit baie
belangrik om so spoedig as moontlik bywoning by die kantoor te
bevestig voor Woensdag 11 November om teleurstelling te voorkom. 

Bevestig asseblief u bywoning by info@waterbergsake.co.za

/ 014 007 0572.
Hoop om so spoedig as moontlik van julle te hoor.

Vriendelike Sakekamer kantoor groete,

Sonette