Visvang naweek 19 – 21 Februarie 2016 te Doorndraai dam

Die Waterberg Sakekamer bied weer ‘n manne Visvang naweek aan die naweek van 19 Februarie tot in met Sondag 21 Februarie 2016 te Doorndraai dam wat gelee is tussen Naboomspruit en Potgietersrus, wat elke jaar meer en meer belangstelling lok en blyk hierdie jaar weer nie ‘n uitsondering te wees nie.

Lede, sowel as nie-lede is welkom, maar moet nie-lede egter deur ‘n Sakekamer Lid genooi word en bly die nie-lid die Sakekamer lid se verandwoordelikheid vir die naweek.

Soos elke jaar sal daar ook weer pryse wees vir die volgende:
– Grootste Karp
– Grootste Baber
– Grootste Kurper
– Grootste Swartbaar

Die visvang kompitisie sal Vrydag middag om 15h00 begin tot in met Saterdag middag 16h00. Bote is meer as welkom en kan daar deurnag visgevang word.

Alle besoekers moet voor kwart voor 6 in die aande in of uit wees, aangesien die hekke gesluit word en niemand na die tyd in of uit sal kan gaan nie.

Staanplekke is reeds bespreek by Sering Kamp nr: 8 – 18, en is dit nie nodig om vooraf te bespreek nie.

Verblyf kan vereffen word met aankoms die Vrydag.
Daar is geen krag nie en moet elkeen sorg vir sy eie kragopwekker ens, asook hout, ys, eet en dringoed vir die hele naweek. Daar is wel Ablusieblokke.

Inligting oor die dam:

Doorndraai dam is geleë sowat 20km buite Mokopane (Potgietersrus) in die Limpopo provinsie binne in die hartjie van die bosveld. Die dam word tans beheer deur die Departement van Waterwese en Bosbou. Hierdie dam bied nie net natuurskone bosveld met skaduryke bome nie, dit bied ook ‘n verskeidenheid van visspesie aan die hengelaar, veral in die somer maande, wat hierdie dam ‘n hengelparadys maak. Doorndraai dam het ‘n kapasiteit van 46,500,000 kubieke meter en ‘n oppervlakte van 560.6 hektaar en word gevoed deur die Sterk Rivier.

Tipe vis wat gevang kan word:
Karps, Geelvis, Baber, Blou Kurpers en Swartbaars.

Verblyf en Toegangs Fooie:
Volwassenes R 35.00
Voertuie R 25.00
Bussies R 40.00
Groot Bus/Trokke R 70.00
Boot en sleepwa R 70.00
Klein Boot en sleepwa R 30.00
Kanoe R 15.00
Karavaan R 80.00

Aktiwiteite per persoon per dag:
Visvang R 25.00
Boot Visvang R 50.00

Inskrywingsgelde vir kompitisie:
Lede R 100.00 per persoon
Nie-Lede R 150.00 per persoo

Gaan kyk gerus op die webblad onder Limpopo Wildlife Resorts www.wildliferesorts.co.za vir meer inligting oor Doorndraai dam.