Bedankingsbrief (MS Word Formaat)

 

Aan al ons Borge/Lede

Insake: Waterberg Sakekamer Visvang Naweek

Die visvang naweek is n jaarlikse tradisie in ons organisasie wat gekenmerk word as n manne naweek waar lede en gaste bymekaar kan wees vir n ontspanne welverdiende wegbreek van die ernstiger besigheids omgewing.

Hierdie jaar was weereens soos vorige jare n groot sukses alhoewel ons lekker natgereën het.

Almal het in n goeie gees deelgeneem, alhoewel die visse nie volle samewerking gegee het nie.  Tog is daar n hele paar visse ingeweeg teen Saterdag middag. n Bewys dat Sakemanne genoeg deursettingsvermoë besit om vis te kan vang.

Waterberg Farmstay was soos die vorige jaar in n puik toestand.  Groen grasperke tot teen die water  met ablusie geriewwe en kampterein wat baie skoon en netjies onderhou word dis werklik die moeite werd om te besoek (onthou net dat dit catch en release is )

Die pryse was ook die moeite werd.  Eerste prys was snowmaster 220/12 volt boksyskas, tweede prys n Iceman koelbox, derde n water dispenser en vierde n stel tweerigtingradios.  Daar was ook n hele paar gelukkige trekke waar deelnemers onder andere  geskenkbewyse ontvang het.

 Hierdie dag was weereens moontlik gemaak deur ons borge en skenkers.  Aan al ons lede en nie lede wat help borg het wil ons u innig dank vir al u bydraes.

Psg Optimum Makelaars, Koro Creek, Voortrekker Slaghuis, Equadoor Web design, Tamsen Drankwinkel, Supa Quick, Bela Sure, Breytenbach & Keulder Prokureurs, PJ Motors, About Paint, Nylstene, Waterberg Auto Elektries, Fuls Engineering, Pavecon, Meatrite, Nylstroom Spar,                Mr Munchies, Lmb Gearbox, Pat Loots, Dr. Johann Boshoff (Tandarts), D-Zign It, Old Mutual, Wiets Botes, Santam, Bearing Man, Protea Apteek, Afrisam, Out There 24, Nylstroom Midas, Gerco Motoringeneurs werke, Geluksfontein Bokmelk en Kaasplaas, Oasis Water, Auto Zone, Munisipaliteit, Sibasa Sawmills, Tyre House, PHP Elektronics, M&M Graverings dienste, Dr. Theana Boshoff.  

Dankie ook aan almal wat daar was, wat die gees van ons sakekamer hoog hou .Dit was n great naweek.

Dankie

F.J.A. Goncalves

Voorsitter