Terugvoer: 26/06/2018 19:41

Die Sakekamer neem met blydskap kennis dat die munisipaliteit se Artikel 152 vandag suksesvol in die Hoe Hof in Polokwane was. Ons regsspan wag steeds om ESKOM se reaksie te kry op die Sakekamer se aansoek om ESKOM se beurtkrag skedule te stuit. ESKOM sal nou ook moet verduidelik waarom hulle uit eie keuse nie die munisipaliteit se aansoek teen gestaan het nie. Die munisipaliteit se suksevolle aansoek gee ook wesenlike substansie aan die Sakekamer se aansoek vir verpligte ingryping deur die regering wat op 10 Julie voor die Hof is. Volgens ons regsspan raak dit nou baie moeilik vir die regering om ook hierdie aansoek te opponeer. Dit is jammer dat munisipaliteite en gemeenskapsorganisasies hulle na die howe vir redding moet wend, maar dit gee ook ‘n pluimpie vir die gemeenskap dat agteruitgang nie gelate aanvaar sal word nie.

Wiets Botes, Voorsitter


NOTICE OF MOTION URGENT ESKOM

AFFIDAVIT – W L BOTES URGENT

ANNEXURE FA 1 (2)

ANNEXURES FA2 – FA22

SUPPORTNING AFFIDAVIT – G BREYTENBACH

SUPPORTING AFFIDAVIT – H CILLIERS