Nou komende Donderdag 12 April is weer Sakekamer Ledebyeenkoms te Koro Creek klubhuis om 18h30  .   

Ons Spreker vir die aand is Mnr Rob Tooley (MEC(LUR) van Finansies in Limpopo) wat lede sal kom toespreek oor die finansieële toestand en omdraai – Strategie vir Munisipaliteite. 

Daar sal ook terugvoer gegee word ivm ESKOM kennisgewing

Anglo American is ons Hoofborg vir die aand en sal lede kom inlig oor hoe om as Vendor by Anglo aan te sluit, watter geleenthede daar is ens.

Baie dankie ook aan al ons ander Borge vir die aand:

  • Equadoor Web Design
  • Pappot Gastehuis – Verblyf
  • JUBA – Vir klank

Daar sal n vingerete wees met “Bottomless” Koffie, asook n kontant kroeg na afloop van die vergadering.                                                                                                     

Bevestig asseblief bywoning by die kantoor by:  info@waterbergsake.co.za / 014 007 0572 / whatsapp groep of sms na 071 179 8942.

Raak betrokke, bly ingelig en kom geniet n heerlike aand saam met ons!!. 

Baie dankie.

Hoop om u almal daar te sien. 

Vriendelike groete,

 Sonette Ebersöhn

Skakelbeampte

Waterberg Sakekamer

Tel: 014 007 0572

Faks: 086 656 0504

info@waterbergsake.co.za