Sakekamer Ledevergadering by Koro Creek om 18h00 vir 18h30.

Waterberg Sakekamer slide5

Mnr Johan Spies sal lede kom toespreek oor die inpak van aftrede op n dorp se ekonomie.

Daar sal kontant kroeg en A La Carte ete wees na die tyd.

Bevestig asb bywoning by die kantoor:
014 007 0572/

Waterberg Sakekamer Pa en Seun Visvang Invite 4 6 Sep 20151

Wil julle ook net herinder aan die Waterberg Sakekamer se Pa-en-Seun Visvang naweek wat elke jaar meer en meer belangstelling lok en blyk hierdie jaar weer om n uitsondering te wees nie.

Hierdie naweek word aangebied vir alle Pas wat graag kwaliteit tyd saam met hul seuns wil deurbring en is nie beperk tot slegs Sakekamer lede nie. Nie-lede moet egter deur n Sakekamer Lid genooi word en skep die Sakekamer op hierdie wyse ook n geleentheid om sy werksaamhede aan nie-lede uit te brei en is dit natuurlik ook n wyse van kontrole oor die getalle en persone wat saamgaan.

Behalwe vir die pryse vir die grootste vis ens, poog die Sakekamer ook om elke jaar vir elke seun n deelname prys te gee en is dit daarom vir die bestuur belangrik om voor die tyd n idee te kry hoeveel kinders die naweek gaan bywoon.

Daar word ook n gelukkige trekking vir die Pas gehou sodat die Pas ook nie met lee hande terug huistoe gaan nie.

Slegs skoolgaande seuns in die volgende katergorie word vir pryse in aanmerking gebring:
i) Voorskool,
ii) Graad RR tot Graad 3
iii) Graad 4 tot Graad 7
iv) H/S Seuns.

Ten einde so n naweek aan te bied is die Sakekamer ook genoodsaak om inskrywingsgeld te vra aangesien daar nie net op lede se borge gesteun kan word nie.

Gevolglik het die Bestuur besluit om die volgende inskrywingsgelde te hef:

Pas wat lede van die Sakekamer is: R100.00 (vir die gelukkige trekking)

Pas en ander volwassenes wat nie lede van die Sakekamer is nie: R150.00 (vir die gelukkige trekking)

Skoolgaande seuns van lede: R100.00/seun.

Nie-lede betaal R150.00 vir een seun wat saamgaan. As n nie-lid meer as een seun het en hy al sy seuns wil neem, betaal hy slegs R100.00 vir elke seun.

Werknemers van lede wat deur die lid genooi word betaal dieselfde gelde as lede en ook vir so n werknemer se seun. (Dus R100.00 per volwasse werknemer en R100.00 vir elke werknemer se seun(s)

Die staanplekke se koste beloop R100.00 per nag per persoon (Volwassenes en
kinders) en is by Farms Stay addisioneel betaalbaar.

Die kompetisie vir die seuns begin 06:00 Saterdag oggend en die laaste inweeg is teen 15:00 die middag. Ons beoog om met die prysuitdeling teen
15:30 te begin sodat die persone wat die Saterdag-aand wil terugkeer nog in daglig kan ry.

Vrydag aand moet elkeen sy eie kos voorsien. Die idee is dat elke Pa/seun saam in sy eie kamp gesellig saam verkeer.

Die Sakekamer sal die Saterdagmiddag ietsie ligs aanbied om te eet (soos byvoorbeeld n boerewors broodjie of n prego).

Saterdag-aand se ete sal by wyse van n bring-en-braai wees en pap en sous sal deur die Sakekamer voorsien word.

Volgens die huidige belangstelling is daar n risiko dat die aantal kampplekke wat reeds bespreek is, moontlik te min mense gaan kan akkommodeer as wat die belangstelling toon.

Lede word dus aangeraai om hulle plekke vroegtydig te bespreek deur die meegande vorm te voltooi en saam met hulle inskrywings gelde te stuur aan die Sakekamer se kantoor.

Elektroniese oorbetaling kan ook gedoen word direk in die Sakekamer se bankrekening met die volgende besonderhede:

Waterberg Sakekamer,
FNB Modimolle,
Tak kode: 260 247,
Rek nr: 6236 0638 814

met u besigheidsnaam as verwysing:(naam van besigheid/visvang). Die betalingsbewys moet dan saam met die onderstaande vorm na die Sakekamer se kantoor by Nylstene gestuur word. Elke lid moet sy werknemers en/of gaste se geld self invorder en saam met die vorm indien.

Vir verdere navrae kontak gerus Pieter Claassens by: 0829281088 of die kantoor.