Sakekamer Ledevergadering Donderdag 15 Februarie 2018

Donderdag 15 Februarie is ons eerste Vergadering vir die jaar en wil ons alle lede nooi om asseblief die vergadering by te woon. 

Vergadering sal stiptelik begin om 18h30 te Koro Creek klubhuis. 

Kom leer ken en proe n ander kant van Jack Daniëls ons borg met n gratis Vingerete daarby.

Ons Gasspreker vir die aand is Mnr Deon Pienaar. 

Deon is op 25 jarige ouderdom  met Tipe 2 Diabetis gediagnoseer. Hy verloor sy Linkeronderbeen in Mei 2005 na vele operasies en verloor sy regteronderbeen in Junie 2016.

Deon ontken nie die uitdagings van gestremdheid nie maar gee mens rede genoeg om al jou ander sëeninge te tel.   Ten spyte van terugslae, leef Deon ‘n vol lewe, bestuur sy eie motor en kom onafhanklik oor die weg om aan sy verskeie entrepreneur-projekte te werk en aandag te gee.   Hy doen ook gereeld besoek aan ander amputasie-pasiënte en is ‘n stigterslid van die Ampucare wat hulp verleen aan soortgelyke individue.

Sy tema:  Jy kan op die regte pad wees, maar as jy op jou alie sit gaan iemand jou doodry.

Baie dankie aan al ons Borge vir die aand:

Jack Daniels

Equadoor Web Design

Gorgeous Gecko Gastehuis

Lasting Legacy Entertainment                                                                                                         

Bevestig asseblief bywoning by die kantoor by:  info@waterbergsake.co.za / whatsapp groep of 071 179 8942.

Raak betrokke, bly ingelig en kom geniet n heerlike aand saam met ons!!. 

Baie dankie.

Hoop om u almal daar te sien. 

Vriendelike groete,

 Sonette Ebersöhn

Skakelbeampte

Waterberg Sakekamer

Tel: 014 007 0572

Faks: 086 656 0504

info@waterbergsake.co.za