Op Vrydag, 19 September 2014 gaan die nuwe Afrikaanse film “Uitgevang” by Laerskool Nylstroom vertoon word.  Ons is baie opgewonde, omdat Nylstroom gemeenskap so bevoorreg is dat ons die eerste dorp is waarheen die film “gebring” word.   Die produksie span gaan met die film toer van dorp tot dorp en soos in die ou dae van “inry-teaters” ‘n groot skerm oprig, met hul klank, in die vorm van ‘n veldfliek vir ons kom wys.

Die film “Uitgevang”  ‘n komedie met akteurs soos Jady Heyns (Ballade vir ‘n Enkeling), Angelique Gerber (7de Laan/Boer soek ‘n Vrou), Vilje Maritz (Binnelanders/Platteland) en Lindie Stander (Binnelanders) beloof die nuwe versteekte kamera-film “Uitgevang” om ‘n lag per sekonde te wees.  Oor die afgelope drie dekades was die Suid-Afrikaanse publiek gereeld oorrompel deur versteekte kamera films om later agter te kom dat van die tonele vooraf opgestel is en nie werklik is nie!  Hierdie film wil dus ‘n nuwe standaard stel waar al die reaksies eg en Suid-Afrikaans is.

Hierdie film gaan rekords breek en tonge laat klap!  Kom deel hierdie groot geleentheid saam Laerskool Nylstroom vir slegs R30.00 per persoon.  (Laerskool Nylstroom ontvang ‘n deel van die R30.00 vir fondsinsameling).  Die res word aangewend vir “Help Net Safe House” dis ‘n plek van veiligheid vir mishandelde kinders.

  1. Kaartjies sal beskikbaar wees by die skool om vooraf te koop.  Daar sal ook kaartjies by die hekke beskikbaar wees, asook Painted Words (Shoprite Sentrum),  Christelike Boekwindel (Modimall Ingang 1) en Pick n Pay (Modimolle).
  2. Die hele gemeenskap gaan betrokke wees.  Koop vroegtydig kaartjies.
  3. Bring asseblief u eie kampstoele saam.
  4. Verversings sal te koop aangebied word.  Oa. Worsbroodjies teen R15.
  5. U moet alreeds vanaf 18:00 aanmeld.
  6. Die hekke sal om ongeveer 18:45 sluit sodat die vertoning om 19:00 kan begin.
  7. Daar sal stoel uitgepak word, maar dit sal slegs vir die senior burgers wees.

Dit gaan ‘n lekker-lag en kuier aand wees.

Koop jul kaartjies vroegtydig, ons rugbyveld is net “soooo” groot.

Vir navrae kontak Alberta van Jaarsveld 076 812 0282