Sakeplein platvorm bied voordele vir lede

Sakeplein platvorm bied voordele vir lede

Die platvorm bied baie voordele vir u as individu, u besigheid en ons as Sakekamer. Aansluiting op die platvorm is gratis vir 2019 en die bekostigbare tarief van R20 per maand sal vanaf 2020 by u ledegelde gevoeg word.

Ons lede is deel van die spesiale ‘model’ groep wat die platvorm reeds kan gebruik hoewel dit eers in Oktober 2019 amptelik bekend gestel word. Stel ons asseblief in kennis indien u nog nie u uitnodiging om aan te sluit elektronies ontvang het nie.

Kliek vir meer info: https://sakeplein.com/

Sakeplein

Sakekamer se aansoek teen ESKOM – dokumente & Terugvoer

Terugvoer: 26/06/2018 19:41

Die Sakekamer neem met blydskap kennis dat die munisipaliteit se Artikel 152 vandag suksesvol in die Hoe Hof in Polokwane was. Ons regsspan wag steeds om ESKOM se reaksie te kry op die Sakekamer se aansoek om ESKOM se beurtkrag skedule te stuit. ESKOM sal nou ook moet verduidelik waarom hulle uit eie keuse nie die munisipaliteit se aansoek teen gestaan het nie. Die munisipaliteit se suksevolle aansoek gee ook wesenlike substansie aan die Sakekamer se aansoek vir verpligte ingryping deur die regering wat op 10 Julie voor die Hof is. Volgens ons regsspan raak dit nou baie moeilik vir die regering om ook hierdie aansoek te opponeer. Dit is jammer dat munisipaliteite en gemeenskapsorganisasies hulle na die howe vir redding moet wend, maar dit gee ook ‘n pluimpie vir die gemeenskap dat agteruitgang nie gelate aanvaar sal word nie.

Wiets Botes, Voorsitter

NOTICE OF MOTION URGENT ESKOM

AFFIDAVIT – W L BOTES URGENT

ANNEXURE FA 1 (2)

ANNEXURES FA2 – FA22

SUPPORTNING AFFIDAVIT – G BREYTENBACH

SUPPORTING AFFIDAVIT – H CILLIERS

ESKOM Kragkrises: Die sakekamer se strategie

ESKOM Kragkrises: Die sakekamer se strategie

BRIEF GEMEENSKAP 23 05 18 (in PDF formaat, kliek om te lees of om af te laai)

ESKOM LETTER May 2018 (Click here for the English version in pdf)

Volg die skakel (“link”) van die steekproef wat Mnr Mike Shussler aan ons beskikbaar gestel het. Dit sal u beswaarlik 2 min neem om vorm in te vul:

https://www.surveymonkey.com/r/TLXMGGB

Waterberg Business Chamber’s report on ESKOM

Waterberg Business Chamber’s report on ESKOM

After a week of enormous pressure regarding ESKOM’s threat to implement an electricity interruption schedule within the Modimolle-Mookgophong municipality, the Waterberg Business Chamber has succeeded in reaching a settlement with ESKOM to abandon the implementation of the proposed schedule.

An urgent application was served on Eskom on Tuesday, 20 March 2018. On the same day, under pressure from the mayor, the municipality made a payment of approximately R23million which was paid to the municipality by Treasury on 19 March 2018. Notwithstanding this payment, ESKOM filed its notice to oppose the Chamber’s application on 22 March 2018 and which application was enrolled for hearing in the urgent Court on 27 March 2018.

The mayor met with ESKOM on 23 March 2018 pleading with ESKOM to abandon its intended power interruption. In spite of the payment earlier in the week, ESKOM persisted that the power interruptions will be implemented unless the municipal manager could provide some kind of guarantee that future payments will be honoured. In spite having been invited to the meeting, the municipal manager did not attend and no guarantees could be given.

On Monday, 26 March 2018 ESKOM still not had filed the opposing papers. After intense deliberations between the legal teams of the Chamber and ESKOM, ESKOM indicated that it is willing to settle the Chamber’s application. A formal settlement agreement was reached at about 16h00 on 26 March 2018 which was made an order of the Court on 27 March 2018.

The Chamber is of the view that the settlement that was reached was even more the Chamber hoped for to be granted by the Court and that ESKOM has made a U-turn by now acknowledging the interest of the community that was never recognised before. ESKOM also issue a notice confirming its abandonment of the 16 March 2018 notice.

According to the inputs of businesses and the community, it was roughly estimated that at least 3,000 jobs were at stake threatening the lively hood of at least 12,000 people calculated at 4 persons per family emphasising the huge consequences this threat had on our immediate community.

A special thanks to the mayor for her support and assistance behind the scenes and to Kokanje and Waltkon Meat Group who joined the Chamber’s application as applicants. The Chamber is also indebted to its members, and all other businesses and individuals for their inputs and / or financial contributions which made it possible to approach the Court.

The Chamber is however of the view that, whilst this settlement does secure a short-term solution in preventing immediate power interruptions, a long term solution need to be found with all role players as a matter of urgency and for which the support of the whole community is still needed. The Chamber with the support of the mayor will continue to explore all reasonable and legal avenues to assist in trying to protect the vulnerable in our communities and the economies of our towns. (Wiets Botes: Chairperson)

ESKOM MEDIA RELEASE:

NOTICE TO WITHDRAW THE NOTICE OF INTERRUPTION
OF BULK SUPPLY DATED 16 MARCH 2018 –
MODIMOLLE-MOOKGOPHONG MUNICIPALITY
(Issued in terms of the Promotion of Administrative Justice Act, 2000 (Act 3 of 2000)

Eskom Holdings SOC Limited hereby notifies all parties who could be materially and adversely affected by electricity supply interruptions to Modimolle-Mookgophong Municipality that it has withdrawn the Notice it issued and published on 16 March 2018 on the planned electricity interruptions and/or termination of bulk supply electricity that was planned to commence from 31 March 2018 following an agreement
between Eskom and certain affected parties in the court proceedings in the Gauteng High Court, Pretoria under case number 15212/18.

The agreement between Eskom and the affected parties for the withdrawal of the Notice followed the Modimolle-Mookgophong Municipality’s latest payment, on 20 March 2018 of the minimum amount. Eskom and the affected parties agreed that Eskom shall not proceed with the planned interruption of electricity supply to the Municipality on the 31st
of March 2018 in terms of the agreed court order under case number 15212/18.

Eskom also agreed to afford the affected parties an opportunity to make submissions in terms of PAJA in the event of the Modimolle-Mookgophong Municipality defaulting on its financial obligations in terms of the repayment agreement.
Eskom is obliged to supply electricity on a financially sustainable basis and may resume with the PAJA process and electricity supply interruptions if Modimolle-Mookgophong Municipality fails to honour the terms and the conditions of the repayment agreement and Electricity Supply Agreement.

(Issued in terms of the Promotion of Administrative Justice Act, 2000, (Act 3 of 2000)

Hof verbied Eskom om krag af te skakel

Hof verbied Eskom om krag af te skakel

Ek kry baie navrae of Modimolle/Mookgophong ook deur hierdie hofbevel beskerm word. Ek het die volgende advies gekry:

Die hofbevel is net ‘n tussentydse interdik wat net op die Koster munisipaliteit betrekking het. Die interdik het ‘n tweede deel waar die Hof nog ESKOM se besluit moet hersien. Daar is nog geen finale bevel teen ESKOM nie.

Daarom is dit nog steeds belangrik dat die gemeenskap beswaar teen die voorgenome optrede van ESKOM moet indien soos dit by die Sakekamer se vergadering verduidelik was.

Verder gaan ons voorgenome aksie verder as die Koster saak omdat ons ‘n bevel teen provinsiale en nasionale Tesourie gaan vra dat hulle hul verpligte ingrype in die munisipaliteit moet nakom. Die stappe wat aanbeveel is, gaan nie net teen ESKOM wees nie

Ons regsspan sal uit die aard van die saak ook die Koster saak bestudeer, maar op die stadium is die bevele in die Koster saak nie op ons van toepassing nie. Ons moet nog steeds ons belange dringend beskerm. (Waterberg Sakekamer)

Wiets Botes

Hof verbied Eskom om krag af te skakel

ESKOM terugvoer – langtermyn oplossing vir ons munisipaliteit se probleme

ESKOM terugvoer – langtermyn oplossing vir ons munisipaliteit se probleme

Dankie aan die Sakekamer lede, Naboom se Sakekamer en lede van die gemeenskap vir die goeie bywoning van die Sakekamer vergadering by Koro Creek. Spesiale dank aan die borge, SANOFI, wat al die veversings voorsien het.

Advokaat Van As het die strategie teen ESKOM baie duidelik aan die vergadering voorgehou en is daar besluit om hierdie strategie te volg om ‘n langtermyn oplossing vir ons munisipaliteit se probleme te vind.

Ons moet teen Woensdag aan die regsspan aandui of hulle met die voorgestelde aansoeke kan aangaan waarvoor ons onmiddelik minstens R200, 000.00 benodig.

Vir die wat bereid is om bydraes te gee, hoe gering ook al, word u uitgenooi om u naam en kontaknommer op die Eskom regsaksie groep te plaas waarna ons kantoor u sal kontak.

U kan my (0835010079) of Jan Koelewyn (0828737678) of Gerhardt Breytenbach (0833257428) ook direk kontak.

Sonder die gemeenskap se ondersteuning kan daar nie lig wees nie.

Baie dankie.

Wiets Botes

Waterberg Sakekamer is Sakekamer van die jaar…uit 100 Sakekamers

Waterberg Sakekamer is Sakekamer van die jaar…uit 100 Sakekamers

10600651_852805061426374_3313593244077999279_n

Die Waterberg Sakekamer van Modimolle is tydens die Afrikaanse Handels Instituut (AHI) se kongres in Durban op 10 Oktober 2014 as Sakekamer van die jaar in die medium kategorie aangewys.
Hierdie kongres is deur verteenwoordigers van die grootste maatskappye in Suid-Afrika en van Sakekamers dwars oor die land bygewoon. Menere Fernando Gonsalves (Voorsitter), Gerhardt Breytenbach (Bestuurslid) en Me Sonette Ebersohn (Skakelbeampte) het die Waterberg Sakekamer by die kongres verteenwoordig.
Van die prominente gassprekers by die kongres was meneer Senzo Mchunu, Premier van Kwazulu Natal, Minister Pravin Gordhan, Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Aangeleenthede, Minister Lindiwe Zulu, Minister van Kleinsake Ontwikkeling en meneer Theo Voster, bekende finansiële kundige in Suid-Afrika.
Dit was ‘n voorreg om die kongres by te woon en was dit ‘n openbaring om die positiewe gees tussen verskillende sake-rolspelers in Suid-Afrika eerstehands te kon ervaar. Tydens die kongres was daar veral twee onderwerpe wat duidelik uitgetroon het, naamlik:
1. Dat daar steeds ongelooflike sake geleenthede in Suid-Afrika is ten spyte van verskeie uitdagings wat ons ekonomie in die gestig staar. In die verband was die kernboodskap dat daar met elke verandering ‘n nuwe geleentheid geskep word en dat dit positiewe mense verg om daardie geleenthede raak te sien en te ontgin; en

2. Die behoefte van nouer samewerking tussen rolspelers in die private besigheidsektor en die owerheid, wat plaaslike owerhede op grondvlak insluit en was die algehele gevoel by die kongres dat die AHI, die Sakekamers wat aan die AHI geaffilieer is saam met ander konkurente besigheidsorganisasies soos BUSA op ‘n georganiseerde wyse ‘n wesenlike rol vir die doel kan speel.
Die hoogtepunt van die kongres was natuurlik tydens die gala dinee wat na die formele verrigtinge plaasgevind het en waartydens die Waterberg Sakekamer as die wenner vir medium Sakekamers aangewys was. Die ander finalis in hierdie kategorie was die Lyndenburg Sakekamer en die George Sakekamer was as die wenner vir groot Sakekamers aangewys. Hierdie kompetisies vereis verskeie kreteria waaraan Sakekamers se funksies en rolle deur ‘n paneel van die AHI beoordeel word en word ‘n wenner volgens die toekenning van ‘n puntestelsel aangewys.
Meneer Gonsalves huldig die mening dat hierdie toekenning ‘n besonderse prestasie vir die Wateberg Sakekamer is en bedank hy ook alle instansies in die gemeenskap van Modimolle wat die Sakekamer met sy inisitiewe ondersteun. Sonder die ondersteuning van die gemeenskap en ons plaaslike owerheidsinstansies sou hierdie toekenning nie die Waterberg Sakekamer beskore gewees het nie.
Die bestuur van die Waterberg Sakekamer beplan dan ook om ‘n volledige voorlegging van die Sakekamer se werksaamhede die afgelope jaar waarop die Sakekamer vir hierdie toekenning behoordeel was tydens hulle ledevergadering op 13 November 2014 te vertoon en word alle belangstellendes genooi om hierdie vergadering by te woon. Vir enige verdere navrae kan Me Sonette Ebersohn by die Sakekamer se kantoor ook gekontak word by 014–7174660 of info@waterbergsake.co.za.

SAKEKAMER VAN DIE JAAR 2014!

More Fernando,

Hoop dit gaan goed.

Namens KANSA Waterberg wens ons die bestuur van die Waterberg-sakekamer hartlik geluk vir jul uitsonderlike prestasie soos genoem in “Die Pos koerant
“ van 17 Oktober 2014.

Ons is baie trots op julle.

Groete,

Ansie van Heerden

Community Mobiliser/Branch Manager

Tel: +27 14 717 3950

Cell: +27 76 409 4444

Fax: +27 86 512 8600

Follow CANSA on Facebook  |  Twitter  |  Pinterest

Cancer Association of South Africa (CANSA) – Waterberg Regional Office

Address: 38 Friedberg Street, Modimolle, 0510

Postal: Postal Address: PO Box 2584, Modimolle, 0510

Beste Fernando en span.

Namens die Potch-Tlokwe Sakekamer wil ons julle weereens geluk wens met die toekening as Sakekamer van die jaar tydens die AHI kongres.

Ek wou nog n handdruk kom gee maar die tyd het gevlieg.

Ons wens julle alle sterkte toe vir die jaar wat voorle en mag ander sakekamers ook julle voorbeeld volg.

Namens die bestuur van Potch-Tlokwe sakekamer.

potch1

Aan die Voorsitter en Bestuur van die Waterberg Sakekamer!

Die Mieliehoofstad Sakekamer wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak
om u van harte geluk te wens met die ontvangs van die AHI
Vise-Presidentsbeker vir 2014!

Ons wens u 'n wonderlike nuwe werksjaar toe en mag u baie 'myle' vir u
Sakekamer verdien met hierdie pragtige beker wat in u kantoor staan, maar
dat alle besoekers ook sal weet dat die beker staan vir harde werk deur die
Sakekamer om 'n volhoubare verskil te maak in die gemeenskap waar die beker
homself jaarliks bevind!

Baie sterkte vir 2015 en mag u baie seën op u werksaamhede ontvang!

Groete

Rina Greyling

Administrator

nms die Voorsitter: Arnold Steyn en Bestuur

Epos: sakekamer@bhv.co.za

Tel nr: 056 515 1905

Sel nr: 072 652 1261

Mieliehoofstad Sakekamer - Prokon Gebou, Van Riebeeckstraat 13 -Posbus 358,
Bothaville 9660
Tel/faks: 056 515 1905 - E-pos:  <mailto:sakekamer@bhv.co.za>
sakekamer@bhv.co.za - sel no: 072 652 1261

Erkenning aan 2 persone vir hul bydraes in die gemeenskap

i) Mnr Willie Steenberg-

Mnr Steenberg dien al vir die afgelope 4 jaar as ‘n vrywilliger op Wyk 4 van Modimolle se stemwyke se Munisipale Wykskommittee. Hy is aktief betrokke met die identifisering van projekte wat binne Wyk 4 en Wyk 8, wat basies die hele sakekern van Modimolle omvat, jaarliks aangepak behoort te word. Mnr Steenberg doen baie moeite om geskatte begrotings vir sodanige projekte voor te berei ten einde sodanige begrotings in die “beplannings-begroting” (IDP) van die Munispaliteit se totale begroting op te neem. In die 2013/2014 begroting was meneer Steenberg se pogings van kardinale belang ten einde fondse te bekom vir die opgradering van publieke parke binne die sentrale dorpsgebied, wat die omheing deur palliasades ingesluit het en het hy self deurentyd ‘n toesighoudende en adviseerende rol gespeel ten einde uitvoering aan hierdie projekte gee, wat ook suksesvol afgehandel is.

ii) Mnr Wiets Botes-

Mnr Wiets Botes is al die afgelope 15 jaar ’n lid van die Waterberg Sakekamer. Hy dien al 10 jaar op die Sakekamer se bestuur en het ook voorsitter van die Sakekamer in 2012 en 2013 gedien.

Mnr Botes is ook sedert Desember 1999 aktief in die plaaslike party-politiek betrokke en het homself in 2003 by die regerende party aangesluit. Hoewel Mnr Botes aanvanklik baie kritiek vir sy politieke bewegings uit verskeie oorde in die gemeenskap moes verduur, is daar vandag groot waardering vir sy bydrae tot die gemeenskap as Raadslid van die Plaaslike Munisipaliteit. Die rede hiervoor is dat meneer Botes daarin kon slaag om as lid van die gemeenskap, die Sakekamer en lid van die regerende party, verskeie brûe kon bou om die belange van sy gemeenskap en die Sakekamer in baie opsigte kon beskerm en te voorkom dat slegs die belange van die tradisionele lede en gemeenskap van die regerende party bo ander groepe gedien word.

Dit is dan ook een van die primêre redes waarom daar, vergeleke met ander sake-gemeenskappe in ons omliggende dorpe, ‘n redelik gesonde verhouding tussen die Sakesektor in Modiolle en die plaaslike- en distriks munispaliteite bestaan, in so ‘n mate dat die Waterberg Sakekamer in bykans telkens inisiatief van die plaaslike owerhede van die eerste instansies is wat betrek word en word daar ‘n hoë premie deur hierdie instansies op die bydraes van die Sakekamer geplaas.

Op die foto van Links na regs:

Mnr. Fernando Goncalves (Voorsitter), Mnr. Wiets Botes, Mnr. Willie Steenberg, Mnr. Jan Koelewyn (Ondervoorsitter)