Sakekamer se aansoek teen ESKOM – dokumente & Terugvoer

Terugvoer: 26/06/2018 19:41

Die Sakekamer neem met blydskap kennis dat die munisipaliteit se Artikel 152 vandag suksesvol in die Hoe Hof in Polokwane was. Ons regsspan wag steeds om ESKOM se reaksie te kry op die Sakekamer se aansoek om ESKOM se beurtkrag skedule te stuit. ESKOM sal nou ook moet verduidelik waarom hulle uit eie keuse nie die munisipaliteit se aansoek teen gestaan het nie. Die munisipaliteit se suksevolle aansoek gee ook wesenlike substansie aan die Sakekamer se aansoek vir verpligte ingryping deur die regering wat op 10 Julie voor die Hof is. Volgens ons regsspan raak dit nou baie moeilik vir die regering om ook hierdie aansoek te opponeer. Dit is jammer dat munisipaliteite en gemeenskapsorganisasies hulle na die howe vir redding moet wend, maar dit gee ook ‘n pluimpie vir die gemeenskap dat agteruitgang nie gelate aanvaar sal word nie.

Wiets Botes, Voorsitter


NOTICE OF MOTION URGENT ESKOM

AFFIDAVIT – W L BOTES URGENT

ANNEXURE FA 1 (2)

ANNEXURES FA2 – FA22

SUPPORTNING AFFIDAVIT – G BREYTENBACH

SUPPORTING AFFIDAVIT – H CILLIERS

 

 

Sakekamer Ledevergadering Donderdag 14 JUNIE 2018 te Castle de Wildt – Publiek is welkom… bevestig asb

Sakekamer Ledevergadering Donderdag 14 JUNIE 2018 te Castle de Wildt – Publiek is welkom… bevestig asb

Die Sakekamer se volgende Ledebyeenkoms vind plaas op Donderdag 14 JUNIE te Castle de Wildt om 18h30.

Publiek is welkom..bevestig asb. net bywoning by Sakekamer kantoor 014 007 0572 / info@waterbergsake.co.za

Sprekers vir die aand:

Mnr Mosiuoa Terror Lekota – Wat gedoen moet word om Suid Afrika se bankrot Munisipaliteite te red.

attooh (Health / Wealth / Life) – Tiaan De Jager & Hannette Hope – “The Ordinary Millionaire” (Boek sal uitgedeel word aan almal)

Baie dankie aan al ons borge vir die aand:

Castle de Wildt

Equadoor Web Design

Attooh (Health / Wealth / Life)

Daar sal Sop & Sjerrie wees en n kontantkroeg na afloop van die vergadering.

Bevestig asseblief bywoning by die kantoor by: info@waterbergsake.co.za / 014 007 0572 / whatsapp groep of

sms na 071 179 8942.

Raak betrokke, bly ingelig en kom geniet n heerlike aand saam met ons!!.

Hoop om u almal daar te sien.

Baie dankie

Vriendelike groete,

Sonette Ebersöhn

Skakelbeampte

Waterberg Sakekamer

Tel: 014 007 0572

Faks: 086 656 0504

info@waterbergsake.co.za