Onthou om te bevestig vir volgende week se laaste Ledebyeenkoms vir die jaar, indien u nog nie bevestig het nie!!!

Die jaar afsluitings byeenkoms vind plaas op Dinsdag 23 Oktober 2018 te Koffiekan plaaswerf Restaurant om 18h00 vir 18h30 vir Sakekamer lede.

Borge vir die aand is Nedbank, Marlene van Staden (Burgermeester) en Nylstene.

Besprekings punte vir die aand as volg:

  • Huidige politieke klimaat in SA en hoe dit besighede beinvloed
  • Ekonomiese vooruitsigte vir besigheids eienaars in Limpopo
  • Eskom, hofaansoeke en die Munisipaliteit se finansiele situasie

Daar sal n kontant kroeg na afloop van die vergadering wees met n gratis ete vir betaalde lede…braaivleispakkie met pap, sous en slaai. (Gades is welkom)

Hoop om u almal daar te sien!!

Bevestig asb so spoedig as moontlik bywoning by die kantoor by: info@waterbergsake.co.za / 014 007 0572 of op whatsapp groep.