Dankie aan die Sakekamer lede, Naboom se Sakekamer en lede van die gemeenskap vir die goeie bywoning van die Sakekamer vergadering by Koro Creek. Spesiale dank aan die borge, SANOFI, wat al die veversings voorsien het.

Advokaat Van As het die strategie teen ESKOM baie duidelik aan die vergadering voorgehou en is daar besluit om hierdie strategie te volg om ‘n langtermyn oplossing vir ons munisipaliteit se probleme te vind.

Ons moet teen Woensdag aan die regsspan aandui of hulle met die voorgestelde aansoeke kan aangaan waarvoor ons onmiddelik minstens R200, 000.00 benodig.

Vir die wat bereid is om bydraes te gee, hoe gering ook al, word u uitgenooi om u naam en kontaknommer op die Eskom regsaksie groep te plaas waarna ons kantoor u sal kontak.

U kan my (0835010079) of Jan Koelewyn (0828737678) of Gerhardt Breytenbach (0833257428) ook direk kontak.

Sonder die gemeenskap se ondersteuning kan daar nie lig wees nie.

Baie dankie.

Wiets Botes