Waterberg Sakekamer is Sakekamer van die jaar…uit 100 Sakekamers

Waterberg Sakekamer is Sakekamer van die jaar…uit 100 Sakekamers

10600651_852805061426374_3313593244077999279_n

Die Waterberg Sakekamer van Modimolle is tydens die Afrikaanse Handels Instituut (AHI) se kongres in Durban op 10 Oktober 2014 as Sakekamer van die jaar in die medium kategorie aangewys.
Hierdie kongres is deur verteenwoordigers van die grootste maatskappye in Suid-Afrika en van Sakekamers dwars oor die land bygewoon. Menere Fernando Gonsalves (Voorsitter), Gerhardt Breytenbach (Bestuurslid) en Me Sonette Ebersohn (Skakelbeampte) het die Waterberg Sakekamer by die kongres verteenwoordig.
Van die prominente gassprekers by die kongres was meneer Senzo Mchunu, Premier van Kwazulu Natal, Minister Pravin Gordhan, Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Aangeleenthede, Minister Lindiwe Zulu, Minister van Kleinsake Ontwikkeling en meneer Theo Voster, bekende finansiële kundige in Suid-Afrika.
Dit was ‘n voorreg om die kongres by te woon en was dit ‘n openbaring om die positiewe gees tussen verskillende sake-rolspelers in Suid-Afrika eerstehands te kon ervaar. Tydens die kongres was daar veral twee onderwerpe wat duidelik uitgetroon het, naamlik:
1. Dat daar steeds ongelooflike sake geleenthede in Suid-Afrika is ten spyte van verskeie uitdagings wat ons ekonomie in die gestig staar. In die verband was die kernboodskap dat daar met elke verandering ‘n nuwe geleentheid geskep word en dat dit positiewe mense verg om daardie geleenthede raak te sien en te ontgin; en

2. Die behoefte van nouer samewerking tussen rolspelers in die private besigheidsektor en die owerheid, wat plaaslike owerhede op grondvlak insluit en was die algehele gevoel by die kongres dat die AHI, die Sakekamers wat aan die AHI geaffilieer is saam met ander konkurente besigheidsorganisasies soos BUSA op ‘n georganiseerde wyse ‘n wesenlike rol vir die doel kan speel.
Die hoogtepunt van die kongres was natuurlik tydens die gala dinee wat na die formele verrigtinge plaasgevind het en waartydens die Waterberg Sakekamer as die wenner vir medium Sakekamers aangewys was. Die ander finalis in hierdie kategorie was die Lyndenburg Sakekamer en die George Sakekamer was as die wenner vir groot Sakekamers aangewys. Hierdie kompetisies vereis verskeie kreteria waaraan Sakekamers se funksies en rolle deur ‘n paneel van die AHI beoordeel word en word ‘n wenner volgens die toekenning van ‘n puntestelsel aangewys.
Meneer Gonsalves huldig die mening dat hierdie toekenning ‘n besonderse prestasie vir die Wateberg Sakekamer is en bedank hy ook alle instansies in die gemeenskap van Modimolle wat die Sakekamer met sy inisitiewe ondersteun. Sonder die ondersteuning van die gemeenskap en ons plaaslike owerheidsinstansies sou hierdie toekenning nie die Waterberg Sakekamer beskore gewees het nie.
Die bestuur van die Waterberg Sakekamer beplan dan ook om ‘n volledige voorlegging van die Sakekamer se werksaamhede die afgelope jaar waarop die Sakekamer vir hierdie toekenning behoordeel was tydens hulle ledevergadering op 13 November 2014 te vertoon en word alle belangstellendes genooi om hierdie vergadering by te woon. Vir enige verdere navrae kan Me Sonette Ebersohn by die Sakekamer se kantoor ook gekontak word by 014–7174660 of info@waterbergsake.co.za.

SAKEKAMER VAN DIE JAAR 2014!

More Fernando,

Hoop dit gaan goed.

Namens KANSA Waterberg wens ons die bestuur van die Waterberg-sakekamer hartlik geluk vir jul uitsonderlike prestasie soos genoem in “Die Pos koerant
“ van 17 Oktober 2014.

Ons is baie trots op julle.

Groete,

Ansie van Heerden

Community Mobiliser/Branch Manager

Tel: +27 14 717 3950

Cell: +27 76 409 4444

Fax: +27 86 512 8600

Follow CANSA on Facebook  |  Twitter  |  Pinterest

Cancer Association of South Africa (CANSA) – Waterberg Regional Office

Address: 38 Friedberg Street, Modimolle, 0510

Postal: Postal Address: PO Box 2584, Modimolle, 0510

Beste Fernando en span.

Namens die Potch-Tlokwe Sakekamer wil ons julle weereens geluk wens met die toekening as Sakekamer van die jaar tydens die AHI kongres.

Ek wou nog n handdruk kom gee maar die tyd het gevlieg.

Ons wens julle alle sterkte toe vir die jaar wat voorle en mag ander sakekamers ook julle voorbeeld volg.

Namens die bestuur van Potch-Tlokwe sakekamer.

potch1

Aan die Voorsitter en Bestuur van die Waterberg Sakekamer!

Die Mieliehoofstad Sakekamer wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak
om u van harte geluk te wens met die ontvangs van die AHI
Vise-Presidentsbeker vir 2014!

Ons wens u 'n wonderlike nuwe werksjaar toe en mag u baie 'myle' vir u
Sakekamer verdien met hierdie pragtige beker wat in u kantoor staan, maar
dat alle besoekers ook sal weet dat die beker staan vir harde werk deur die
Sakekamer om 'n volhoubare verskil te maak in die gemeenskap waar die beker
homself jaarliks bevind!

Baie sterkte vir 2015 en mag u baie seën op u werksaamhede ontvang!

Groete

Rina Greyling

Administrator

nms die Voorsitter: Arnold Steyn en Bestuur

Epos: sakekamer@bhv.co.za

Tel nr: 056 515 1905

Sel nr: 072 652 1261

Mieliehoofstad Sakekamer - Prokon Gebou, Van Riebeeckstraat 13 -Posbus 358,
Bothaville 9660
Tel/faks: 056 515 1905 - E-pos:  <mailto:sakekamer@bhv.co.za>
sakekamer@bhv.co.za - sel no: 072 652 1261

Waterberg-sakekamer vereer gemeenskapsbouer deur Denise van Bergen

Waterberg-sakekamer vereer gemeenskapsbouer deur Denise van Bergen

10557437_10203687037390672_1562084278361189552_n

Die Wonderful Woman of the Waterberg-vrouedag wat op Saterdag, 4 Oktober, deur die Waterberg-sakekamer, ten bate van die ondersteuningsraad op Modimolle aangebied is, was ’n groot sukses.
Die geleentheid het by by Shangri-La Country Hotel tussen Bela-Bela en Modimolle plaasgevind en ongeveer 120 gaste het die dag bygewoon. Dit was vir die gaste ’n ontspannende dag weg van die huis waar hulle met ou en nuwe vriende, kollegas en kennisse gekuier het.
Verskeie uitstallers het gesorg dat daar genoeg interessanthede was om in die vroue se smaak te val — van tupperware, varsgebakte beskuit en kunstige huis- en tuinversierings, tot die lieflikste blink juwele om van te kies en te keur.
Marlene De Villiers het as programleier opgetree en die gassprekers het gesorg vir ’n inspirerende oggend. Sharkie, oftewel Chantelle Pietersen, het gaste met haar pragtige sang vermaak.
Pick n Pay Modimolle, wat die hoofborg vir die dag was, het met die inisiatief vorendag gekom om ’n jaarlikse instelling van dié geleentheid te maak, waartydens ’n vrou uit die Waterberg-omgewing, wat ’n positiewe verskil in haar gemeenskap maak, vereer word. Pick n Pay het R10 000 kontant geborg, wat direk aan die ondersteuningsraad geskenk word.
Sonette Ebersöhn is uit vanjaar se nominasies as Waterberg Woman of the Year 2014 as wenner bekroon.
Volgens die bestuur van die sakekamer het Ebersöhn die afgelope twee jaar in diens van die sakekamer, buiten haar normale administratiewe pligte, ook verskeie ander inisiatiewe geïdentifiseer en die sakekamer oortuig om dié inisiatiewe, wat die beeld en rol van die sakekamer én gemeenskap uitbou, te ondersteun.
Voorbeelde hiervan is onder meer die herlewing van die Toerisme Info-kantoor waarin Ebersöhn en haar vennoot, Rudi Schlieben, ’n groot rol gespeel het. Sy het self baie moeite gedoen om die Waterberg-distriksmunisipaliteit in só ’n mate te betrek dat hulle vir die koste van verskeie aksies ingestaan het, soos die loodsvergadering, die bywoning van die Toerisme Indaba in Durban vroeër vanjaar, sowel as die Toerisme “Road Show”, om die dorp en rolspelers in die toerismebedryf in die omgewing, te promoveer.
Ebersöhn staan ook agter die bekendstelling van die “Kersfees in Julie-projek”, wat nou ’n jaarlikse instelling sal wees ten bate van minderbevoorregte kinders in die gemeenskap. Sy is nog by verskeie ander projekte ook betrokke.
Die organiseerders wat saamgespan het om die vrouedag aanmekaar te weef, sê hulle is baie tevrede met die dag se positiewe uitkoms. Hulle bedank graag al die borge, uitstallers, helpers en gaste wat die dag ondersteun het.

Bron: Die Pos