Erkenning aan 2 persone vir hul bydraes in die gemeenskap

i) Mnr Willie Steenberg-

Mnr Steenberg dien al vir die afgelope 4 jaar as ‘n vrywilliger op Wyk 4 van Modimolle se stemwyke se Munisipale Wykskommittee. Hy is aktief betrokke met die identifisering van projekte wat binne Wyk 4 en Wyk 8, wat basies die hele sakekern van Modimolle omvat, jaarliks aangepak behoort te word. Mnr Steenberg doen baie moeite om geskatte begrotings vir sodanige projekte voor te berei ten einde sodanige begrotings in die “beplannings-begroting” (IDP) van die Munispaliteit se totale begroting op te neem. In die 2013/2014 begroting was meneer Steenberg se pogings van kardinale belang ten einde fondse te bekom vir die opgradering van publieke parke binne die sentrale dorpsgebied, wat die omheing deur palliasades ingesluit het en het hy self deurentyd ‘n toesighoudende en adviseerende rol gespeel ten einde uitvoering aan hierdie projekte gee, wat ook suksesvol afgehandel is.

ii) Mnr Wiets Botes-

Mnr Wiets Botes is al die afgelope 15 jaar ’n lid van die Waterberg Sakekamer. Hy dien al 10 jaar op die Sakekamer se bestuur en het ook voorsitter van die Sakekamer in 2012 en 2013 gedien.

Mnr Botes is ook sedert Desember 1999 aktief in die plaaslike party-politiek betrokke en het homself in 2003 by die regerende party aangesluit. Hoewel Mnr Botes aanvanklik baie kritiek vir sy politieke bewegings uit verskeie oorde in die gemeenskap moes verduur, is daar vandag groot waardering vir sy bydrae tot die gemeenskap as Raadslid van die Plaaslike Munisipaliteit. Die rede hiervoor is dat meneer Botes daarin kon slaag om as lid van die gemeenskap, die Sakekamer en lid van die regerende party, verskeie brûe kon bou om die belange van sy gemeenskap en die Sakekamer in baie opsigte kon beskerm en te voorkom dat slegs die belange van die tradisionele lede en gemeenskap van die regerende party bo ander groepe gedien word.

Dit is dan ook een van die primêre redes waarom daar, vergeleke met ander sake-gemeenskappe in ons omliggende dorpe, ‘n redelik gesonde verhouding tussen die Sakesektor in Modiolle en die plaaslike- en distriks munispaliteite bestaan, in so ‘n mate dat die Waterberg Sakekamer in bykans telkens inisiatief van die plaaslike owerhede van die eerste instansies is wat betrek word en word daar ‘n hoë premie deur hierdie instansies op die bydraes van die Sakekamer geplaas.

Op die foto van Links na regs:

Mnr. Fernando Goncalves (Voorsitter), Mnr. Wiets Botes, Mnr. Willie Steenberg, Mnr. Jan Koelewyn (Ondervoorsitter)

Nuwe Afrikaanse film “Uitgevang” by Laerskool Nylstroom Vrydag, 19 September 2014

Nuwe Afrikaanse film “Uitgevang” by Laerskool Nylstroom Vrydag, 19 September 2014

Op Vrydag, 19 September 2014 gaan die nuwe Afrikaanse film “Uitgevang” by Laerskool Nylstroom vertoon word.  Ons is baie opgewonde, omdat Nylstroom gemeenskap so bevoorreg is dat ons die eerste dorp is waarheen die film “gebring” word.   Die produksie span gaan met die film toer van dorp tot dorp en soos in die ou dae van “inry-teaters” ‘n groot skerm oprig, met hul klank, in die vorm van ‘n veldfliek vir ons kom wys.

Die film “Uitgevang”  ‘n komedie met akteurs soos Jady Heyns (Ballade vir ‘n Enkeling), Angelique Gerber (7de Laan/Boer soek ‘n Vrou), Vilje Maritz (Binnelanders/Platteland) en Lindie Stander (Binnelanders) beloof die nuwe versteekte kamera-film “Uitgevang” om ‘n lag per sekonde te wees.  Oor die afgelope drie dekades was die Suid-Afrikaanse publiek gereeld oorrompel deur versteekte kamera films om later agter te kom dat van die tonele vooraf opgestel is en nie werklik is nie!  Hierdie film wil dus ‘n nuwe standaard stel waar al die reaksies eg en Suid-Afrikaans is.

Hierdie film gaan rekords breek en tonge laat klap!  Kom deel hierdie groot geleentheid saam Laerskool Nylstroom vir slegs R30.00 per persoon.  (Laerskool Nylstroom ontvang ‘n deel van die R30.00 vir fondsinsameling).  Die res word aangewend vir “Help Net Safe House” dis ‘n plek van veiligheid vir mishandelde kinders.

  1. Kaartjies sal beskikbaar wees by die skool om vooraf te koop.  Daar sal ook kaartjies by die hekke beskikbaar wees, asook Painted Words (Shoprite Sentrum),  Christelike Boekwindel (Modimall Ingang 1) en Pick n Pay (Modimolle).
  2. Die hele gemeenskap gaan betrokke wees.  Koop vroegtydig kaartjies.
  3. Bring asseblief u eie kampstoele saam.
  4. Verversings sal te koop aangebied word.  Oa. Worsbroodjies teen R15.
  5. U moet alreeds vanaf 18:00 aanmeld.
  6. Die hekke sal om ongeveer 18:45 sluit sodat die vertoning om 19:00 kan begin.
  7. Daar sal stoel uitgepak word, maar dit sal slegs vir die senior burgers wees.

Dit gaan ‘n lekker-lag en kuier aand wees.

Koop jul kaartjies vroegtydig, ons rugbyveld is net “soooo” groot.

Vir navrae kontak Alberta van Jaarsveld 076 812 0282

Sakekamer Ledevergadering 11September 2014 te Bush Lovers Lodge

Waterberg Sakekamer slide7

Volgende week Donderdag die 11de September is dit weer ons maandelikse Ledevergadering wat plaasvind te Bush Lovers Lodge net buite Nylstroom op die Vaalwaterpad, 18h00 vir 18h30.  (Aanwysings onder aan)

Christo van der Rheede Uitvoerende Hoof van die AHI is een van ons sprekers vir die aand en sal lede toespreek oor die stand van die ekonomie en die pad voorentoe.

Mnr. MS Motshegoa (Munisipale Raadslid), Mnr. NS Bambo (Munisipale Bestuurder) asook n afgevaardigde van die tegniese afdeling van die Munisipaliteit sal die vergadering bywoon om lede meer in te lig oor die Infrastruktuur en Ontwikkeling in Modimolle/Vaalwater.

Me. Carol Oosthuyse van Workforce is ook een van ons sprekers vir die aand.

Daar sal n kontant kroeg en n ete (Braai) wees na die vergadering.

Ete is R100 per persoon en sluit in: Pap, sous, 2 slaaie, 500g Steak, Tjop en wors.

Vir die wat nie self wil braai nie, daar is voorsiening gemaak  dat daar vir u gebraai sal word.

Die Sakekamer bestuur wil lede vra om n vriend saam te nooi, (wat nog nie lid is by die Sakekamer nie), om die vergadering by te woon vir die aand.

Bywoning moet asb by die kantoor bevestig word by: 014 717 4660 / info@waterbergsake.co.za of per sms 071 179 8942
Kantoor ure:  Maandae tot Vrydae 09h00 – 13h00

Aanwysings na Bush Lovers Lodge:

Deur Nylstoom op die Vaalwaterpad, verby Kokanje en Weesgerus…so plus/minus 5km aan Regterkant – Bush Lovers Lodge.

GPS – S 24*39,056
E 28*22,852

Hoop om julle almal daar te sien.

Wonderlike dag en geseende week vir elkeen van julle.

Kantoor Groete
Sonette

“Modimolle Tourism Roadshow” – 10 Sept 2014

Waterberg District Municipality, Modimolle Tourism Association and Limpopo Tourism Agency cordially invites you to attend the

“Modimolle Tourism Roadshow”



Date: 10 September 2014
Time: 09h00 – 12h00
Venue: Bush Lovers Lodge

Please join us for lunch after the workshop

Speakers of the Day:

  • Mel Meyer – Adinvale Pty Ltd – Business Planning
  • Dr. Mavhungu Musitha – LTA – Statistics and Marketing
  • Engeline Gericke – Essential Marekting & Mint Print – Bringing Aardklop to the bushveld
  • Mr Tshepo Maselela – Recycling


Pls RSVP before 5 September

Sonette Ebersohn

Tel: 014 717 4660

info@waterbergsake.co.za