Jagpakket – Biltongjag – Nylstroom – Modimolle

Jagpakkette uitverkoop vir April, Mei en begin Junie 2014 – Jammer

 

Spesie                  –     Vroulik                 –     Manlik                  –      Trofee/Rowland Ward

Bobbejaan                    R   120.00                   R   120.00                   R   120.00

Bosbok                       R 3 000.00                   R 3 600.00                   R 4 200.00

Bosvark                      R 1 800.00                   R 1 800.00                   R 2 400.00

Rooikat                      R 1 200.00                   R 1 200.00                   R 1 200.00

Duiker                       R   960.00                   R 1 200.00                   R 1 200.00

Rooibok                      R   960.00                   R 1 140.00                   R 1 800.00

Tarentaal                    R    60.00                   R    60.00                   ———-

Jakkals                      R   120.00                   R   120.00                   R   120.00

Klipspringer                 R 2 400.00                   R 3 000.00                   R 4 200.00

Koedoe                       R 4 200.00                   R 5 400.00                   R 7 200.00

Bergrietbok                  R 3 000.00                   R 4 320.00                   R 4 200.00

Rooihartbees                 R 4 800.00                   R 5 400.00                   R 6 000.00

Springhaas                   R    60.00                   R    60.00                    ———-

Steenbok                     R 2 400.00                   R 3 600.00                   R 6 000.00

Vlakvark                     R   960.00                   R 1 200.00                   R 1 800.00

Waterbok                     R 4 800.00                   R 6 000.00                   R 7 200.00

 

Volwassenes en Hoërskool Kinders:                             Laerskool Kinders:

 

–    R 300.00 per jagter per dag                                R 150.00 per jagter per dag

–    R 180.00 per nie – jagter per dag                          R  90.00 per nie-jagter per dag

 

–    Huur van perseel se voertuig(Opsioneel)  –  R 420.00 per dag.

–    As u n bok kwes en daar is n bloedspoor moet u die bok betaal.

 

Daar is 4 Chalets: (Slaap 8 in totaal, 2 per Chalet)

 

–    2 Chalets het elkeen n Double bed in

–    2 Chalets het elkeen 2 x enkel beddens in

 

Daar is n Lapa en braai area tot u beskikking.

Amblusie geriewe is appart van Chalets.(Handoeke ingesluit)

Die kombuis is ten volle toe gerus. Bring slegs u eie eet-en drinkgoed.

Indien u n persoon is wat maklik koud kry, bring gerus nog n kombers saam.

 

This farm is a rustic back to basics farm with +/- 600 hectares of diverse terrain offering 2 mountainous regions with flat plains in between. We have 2 dams and numerous natural springs.

Our accommodation is basic but still offers all the necessities. We have 4 chalets in total, 2 with double beds in each and 2 with twin beds. The kitchen is communal and fully equipped. We have shared ladies bathrooms and shared gents bathrooms.

The farm is located on the Eastern side of Nylstroom (about 15kms out of Nylstroom itself) We are roughly 1 ½ hours from Johannesburg.

We offer bow and rifle hunting.

 

Vir enige navrae of onduidelikheid kontak my gerus.

Vriendelike Waterberg Groete
Sonette Ebersöhn

014 717 4660 / 071 179 8942

info@waterbergsake.co.za / sonette@modimolle.info

Sakekamer Ledevergadering 13 Maart 2014, by Koro Creek om 18h00

Sakekamer Ledevergadering 13 Maart 2014, by Koro Creek om 18h00

Sprekers vir die aand:

Mnr. Steve Botha – Seda
(Small Enterprise Development Agency)

Ingang:

Indien dit moontlik is, kan elkeen asb n item van nie-bederfbare produkte saam bring vir ons Projek van Ondersteuningsraad. Daar sal n houer wees waar ons al die produkte in kan plaas.

Kontant kroeg en A La Carte ete.

Bevestig asb bywoning by die kantoor:
014 717 4660 /info@waterbergsake.co.za / sms – 071 179 8942

Moet asb by geen ander nommer, behalwe bogenoemde bevestig nie asb!!

Visvang 2014 Fotos & Bedankings

Visvang 2014 Fotos & Bedankings

 

Bedankingsbrief (MS Word Formaat)

 

Aan al ons Borge/Lede

Insake: Waterberg Sakekamer Visvang Naweek

Die visvang naweek is n jaarlikse tradisie in ons organisasie wat gekenmerk word as n manne naweek waar lede en gaste bymekaar kan wees vir n ontspanne welverdiende wegbreek van die ernstiger besigheids omgewing.

Hierdie jaar was weereens soos vorige jare n groot sukses alhoewel ons lekker natgereën het.

Almal het in n goeie gees deelgeneem, alhoewel die visse nie volle samewerking gegee het nie.  Tog is daar n hele paar visse ingeweeg teen Saterdag middag. n Bewys dat Sakemanne genoeg deursettingsvermoë besit om vis te kan vang.

Waterberg Farmstay was soos die vorige jaar in n puik toestand.  Groen grasperke tot teen die water  met ablusie geriewwe en kampterein wat baie skoon en netjies onderhou word dis werklik die moeite werd om te besoek (onthou net dat dit catch en release is )

Die pryse was ook die moeite werd.  Eerste prys was snowmaster 220/12 volt boksyskas, tweede prys n Iceman koelbox, derde n water dispenser en vierde n stel tweerigtingradios.  Daar was ook n hele paar gelukkige trekke waar deelnemers onder andere  geskenkbewyse ontvang het.

 Hierdie dag was weereens moontlik gemaak deur ons borge en skenkers.  Aan al ons lede en nie lede wat help borg het wil ons u innig dank vir al u bydraes.

Psg Optimum Makelaars, Koro Creek, Voortrekker Slaghuis, Equadoor Web design, Tamsen Drankwinkel, Supa Quick, Bela Sure, Breytenbach & Keulder Prokureurs, PJ Motors, About Paint, Nylstene, Waterberg Auto Elektries, Fuls Engineering, Pavecon, Meatrite, Nylstroom Spar,                Mr Munchies, Lmb Gearbox, Pat Loots, Dr. Johann Boshoff (Tandarts), D-Zign It, Old Mutual, Wiets Botes, Santam, Bearing Man, Protea Apteek, Afrisam, Out There 24, Nylstroom Midas, Gerco Motoringeneurs werke, Geluksfontein Bokmelk en Kaasplaas, Oasis Water, Auto Zone, Munisipaliteit, Sibasa Sawmills, Tyre House, PHP Elektronics, M&M Graverings dienste, Dr. Theana Boshoff.  

Dankie ook aan almal wat daar was, wat die gees van ons sakekamer hoog hou .Dit was n great naweek.

Dankie

F.J.A. Goncalves

Voorsitter